Prospektus
Wie is ons?
Hausenberg Ontwikkelings Koöperasie Beperk (hierna genoem die Koöperasie) is gestig om ‘n nuwe groeipunt en veilige hawe in Suid-Afrika te vestig vir blanke Afrikaners.
Die algemene toestand van ons land se munisipaliteite en vlakke van korrupsie en vermorsing van geld dui daarop dat Suid-Afrika al hoe nader beweeg aan die status van ‘n mislukt e staat. Daar moet dus ernstig gekyk word na ‘n gebied waar mense buite die staatsverband hulle eie gemeenskap(pe) kan vestig, waar hulle hulle eie dorp en voorspoed kan bestuur en bepaal.
Demografiese vooruitskattings van die bevolking van Suid-Afrika toon aan dat die blankes teen 2050 slegs 1.5% van die totale bevolking van Suid-Afrika gaan uitmaak, en sal dit dus voordelig wees as so ‘n klein aantal mense nie verspreid is oor die hele land nie, maar in een geografiese gebied woon.
Die blankes is in Suid-Afrika in geen gebied in die meerderheid nie, en sal dit altyd baie moeilik vind om op grond van getalle, hulle eie gemeenskapslewe en heil te bestuur en beskerm. Slegs deur geografies te versamel in ‘n basis wat sosiaal-maatskaplik bestuurbaar is, sal die blankes in ‘n land met ‘n oppervlakte van 127 miljoen vierkante kilometer kan oorleef, en verhoed dat hulle totaal verarm.
As oplossing is daar besef dat daar vir die blankes net een uitweg is, en dit is om so ver moontlik in ‘n geografiese groeipunt eiendom te bekom, vanwaar hulle in getalsterkte daardie gebied kan oorheers, en indien nodig, dit internasionaal op juridiese vlak kan opeis as ‘n unieke blanke area.
Projek Beskrywing
Die Koöperasie is in die proses om ‘n plaas aan te koop, as ‘n nuwe groeipunt vir die Afrikanervolk en blankes wat hulle self nie as deel van die nuwe Suid-Afrika, of ‘n kommunistiese toekoms, kan sien nie.
Doelwit
Die doel van die projek is om dit vir so veel as moontlik Blankes moontlik te maak om ‘n bekostigbare standplaas te bekom op Afrikanergrond, waar hulle tussen hulle eie mense kan meewerk om ons trotse kultuur, taal en manier van lewe in stand te hou. ‘n Plek waar daar nie spekulasie met standplase toegelaat sal word nie, om te voorkom dat iemand wins uit ons/sy volksgenote probeer maak.
Daar is reeds ‘n professionele span, bestaande uit ingenieurs, argitekte en munisipale kundiges, besig om intensief navorsing te doen oor self onderhoudende behuising, alternatiewe energiebronne, gevorderde rioolverwerking en gemeenskapsontwikkeling.
Onderliggende Beginsels
Die onderliggende beginsels van die Hausenberg projek, is om ‘n groeipunt te skep waarheen blankes kan gaan. Daar word nie van aandeelhouers verwag om onmiddelik alles op te gee en daarheen te verhuis nie, alhoewel ‘n aandeelhouer wat so wil doen, altyd welkom sal wees. Aandeelhouers kan na die grond verhuis, soos wat sy omstandighede ontwikkel, of wanneer omstandighede dit toelaat of noodsaak.
In die eerste fase, sal die Koöperasie die beskikbare fondse aanwend om die basiese infrastruktuur te skep, sodat aandeelhouers wat na die grond verhuis van water voorsien kan word, terwyl die nodige tegnologie vir energie en rioolverwerking beskikbaar sal wees, soos voorgeskryf deur die Ingenieursafdeling.
Die klem is op organiese groei, en aandeelhouers moet aanvaar dat daar nie teerpaaie en straatligte gaan wees, soos in ‘n normale dorpsontwikkeling nie, omdat sodanige infrastruktuur eers gevestig sal word soos die fondse van die Koöperasie groei.
Daar is reeds met verskeie besigheidsmense gesels, wat bereid is om besighede in die vorm van vervaardigingsaanlegte op die grond te vestig, sodra daar genoegsame arbeid beskikbaar is.
Die vestiging van landbou is ‘n prioriteit en sal in fase 1 voorrang geniet. Die eerste doelwit is om in die behoeftes van die gemeenskap te voorsien, voordat daar na eksterne markte gekyk sal word. Ook in hierdie verband is die nodige kundigheid betrek om na die modernste organiese landboumetodes te kyk vir vestiging.
Aandeelhouers sal nie met die standplase kan spekuleer nie, aangesien ‘n standplaas gekoppel is aan ‘n aandeel. Die aandeelhouer verkry onder die huidige SA wette nie eiendomsreg op die standplaas nie, en kan dus net die aandeel verkoop teen markwaarde, wat deur die Koöperasie self bepaal word. Op hierdie manier verseker ons dat geen aandeelhouer toegelaat word om wins uit volksgenote, of mede-aandeelhouers te maak nie.
Tot tyd en wyl ‘n aandeelhouer nie sy standplaas benut nie, het die Koöperasie vruggebruik van die grond.
Stemreg op aandeel / aandele
Aandeelhouers kan soveel aandele koop as wat hulle kan bekostig, maar het net stemreg op die Algemene Ledevergadering van die Koöperasie, op die eerste of Primêre aandeel. Dit verhoed dat een aandeelhouer wat dit kan bekostig om meer andele te koop, enkel aandeelhouers kan oordonder op grond van stemme.
Koste van aandeelhouding
Daar is twee klasse aandele:
1) ‘n Klas A aandeel kos R 5 000.00 en daardie aandeel is gekoppel aan ‘n standplaas van 500 vk/m. Indien meer klas A aandele gekoop word, kan die aandeelhouer versoek dat die standplase aangrensend is.
2) ‘n Klas B aandeel kos R 2 500.00 en daardie aandeel is gekoppel aan ‘n standplaas van 250 vk/m. Indien ‘n verdere klas B aandeel /aandele gekoop word, kan die aandeelhouer versoek dat die standplase aangrensend is.
Alle aandele word verkoop en uitgereik, slegs nadat die Koöperasie se direksie die voornemende aandeelhouer se aansoek goedgekeur het. Slegs natuurlike persone kan aandeelhouers word.
Op hierdie standplaas verkry die aandeelhouer gebruiks- en bewoningsreg kry, onderhewig aan voorskrifte deur die Koöperasie, soos vervat in die Koöperasie se Grondwet. Hierdie voorskrifte is om te verseker dat bure ongestoorde bewoning van hulle standplase kan geniet, en om te voorkom dat krotbuurte of plakkerskampe verrys. Verder skryf dit sekere minimum bouvereistes voor, soos byvoorbeeld watter tipe energievoorsiening en riolering ge-installeer moet word.
Gekoppel aan die Primêre of eerste aandeel, is daar ‘n maandelikse ledegeld van R 100.00 wat per debiet order betaalbaar is. Hierdie ledegeld word gebruik om die operasionele uitgawes van die Koöperasie te dra, soos byvoorbeeld salarisse, kantoorkostes en vervoer. ‘n Jaarlikse verhoging in aandele kan slegs goedgekeur word op die jaarlikse Algemene Ledevergadering.
‘n Sekondêre klas A aandeel kos ook R 5 000.00, en is ook gekoppel aan ‘n 500 vk/m standplaas, op dieselfde voorwaardes as die Primêre aandeel. ‘n Sekondêre klas B aandeel kos ook R 2 500.00, wat ook gekoppel is aan ‘n 250 vk/m standplaas.
Aandeelhouers met Sekondêre aandele, kan versoek dat die standplase aangrensend is, welke versoek met graagte toegestaan sal word.
Op elke Sekondêre aandeel is daar ‘n maandelikse administratiewe heffing van R 50.00 betaalbaar, wat vir dieselfde doeleindes aangewend word as die maandelikse ledegeld.
Tot tyd en wyl die standplaas onbenut lê deur die aandeelhouer, het die Koöperasie vruggebruik daarop, en dra gevolglik die koste van instandhouding.
Aandeelhouers mag nie spekuleer met aandele nie, en mag dit net aan die Koöperasie terugverkoop. . Lidmaatskap en aandele mag eers verkoop word na vyf jaar.
Klas A aandele mag gekoop word teen afbetaling. Hierdie opsie sal deur die Koöperasie se agente verduidelik word.
Opbrengs op belegging in aandele
Let wel dat die Koöperasie geensins vir enige aandeelhouer wins of groei op aandele belowe nie. Hierdie is ‘n belegging in die Afrikanervolk en sy nageslag se toekoms, en ‘n belegging in die aandeelhouer se eie veiligheid en voorreg om tussen sy eie mense te kan woon en werk.
Vrae en Antwoorde
1. Waarvoor word fondse aangewend?
Die maandelikse ledegeld en administratiewe heffings word aangewend om die operasionele onkostes van die Koöperasie te dek.
Die inkomste op verkoop van aandele word aangewend vir die volgende doeleindes:
a. Vestiging van Infrastruktuur,
b. Aankoop van addisionele grond,
c. Navorsing en vestiging van tegnologie en stelsels,
d. Vestiging van landbou bedrywighede,
e. Befondsing van Afrikaner strukture, en
f. Sodra moontlik, ‘n internasionale kantoor waardeur die Afrikaner se saak in die buiteland bevorder kan word.
2. Verkry ‘n aandeelhouer eiendomsreg op die standplaas?
In terme van huidige wetgewing verkry die aandeelhouer nie formeel eiendomsreg nie. In terme van die Koöperasie se Grondwet, sal die standplaas wel ewigdurende gebruiks- en verblyfsreg aan die aandeelhouer bied, solank die gekoppelde aandeel besit word.
3. Hoe verkoop die aandeelhouer sy aandeel / aandele?
Aandele mag net aan die Koöperasie verkoop word. Sodra ‘n aandeelhouer sy aandele wil verkoop, moet die aan die Koöperasie aangebied word, wat dit teen heersende markwaarde van die aandeelhouer sal terugkoop. Sodra ‘n aandeel verkoop is, het die aandeelhouer geen reg op die gekoppelde standplaas meer nie.
Indien daar ‘n privaat koper vir die aandeel is, sal die Koöperasie die aandeel onmiddelik weer aan die voornemende koper verkoop, op goedkeuring van lidmaatskap.
4. Hoe vererf ‘n aandeel by afsterwe van die aandeelhouer?
Met die afsterwe van die aandeelhouer, val die aandeel terug na die Koöperasie, wat dit aan die genomineerde begunstigde van die gestorwe aandeelhouer sal oordra, na goedkeuring deur die direksie. Indien die genomineerde begunstigde nie goedgekeur word as lid nie, sal die waarde van die aandeel, plus enige verbeterings op die standplaas, aan die boedel uitbetaal word.
5. Wat as die aandeelhouer reeds verbeteringe op die standplaas aangebring het, en dit wil verkoop?
Daar is twee transaksies ter sprake. Die eerste is die verkoop van die aandeel, en die tweede is die vergoeding vir die waarde van die verbeterings. Die aandeel, wat gekoppel is aan die standplaas, verhandel teen die markwaarde van aandele. Die tweede transaksie behels ‘n ooreenkoms tussen die verkoper en koper, oor wat die koper bereid is om vir die verbeterings te betaal.
6. Kan ‘n aandeelhouer ‘n lening of verband bekom om ‘n woonhuis te bou?
Omdat die aandeelhouer nie eiendomsreg verkry nie, sal dit nie moontlik wees om ‘n verband te registreer nie. Onthou die eiendom behoort aan die Koöperasie, en dus alle aandeelhouers.
Sodra die finansiële vermoë van die Koöperasie dit toelaat kan lenings vir meriete gevalle oorweeg word.
7. Mag ‘n aandeelhouer ‘n tydelike woning oprig?
Tydelike wonings of strukture mag opgerig word onderhewig aan die voorwaardes wat die Koöperasie mag stel.
Die Direksie en Bestuurspan
Die direksie en bestuur bestaan uit die volgende persone:
|
1. Hein Boonzaaier, MBA |
Besturende Direkteur |
|
2. Hannes Potgieter |
Direkteur: Sekuriteit |
|
3. Johann vd Merwe, BA (Kommunikasie) |
Direkteur: Publieke Skakelbeampte |
|
4. André Groenewaldt |
Bestuurder: Bemarking |
|
5. Frans Joubert B. Arch, BD |
Bestuurder: Argitektuur, Beplanning en Konstruksie |
|
6. Johan Barnard |
Bestuurder: Landbou Ontwikkeling |
Die Finansiële Beampte van die Koöperasie is Gerhardus Burger, GR (SA).
Hoe kan aandele bekom word?
Aandele kan gekoop word deur een van die gemagtigde bemarkers van die Koöperasie, of deur een van die volgende twee persone te skakel:
|
1. André Groenewaldt by selnommer |
0844125004 |
|
2. Marietjie Esterhuizen by selnommer |
0716827721 |
|
3. Johan Meintjes by selnommer |
0824435685 |
|
4. Elbie Prinsloo by selnommer |
0732481509 |
Vir meer inligting, besoek asseblief on webwerf by:
www.hausenberg.co.za