|
Hierdie inligting
word outomaties via RSS-voere vanaf die onderstaande bronne bygewerk

Klik hierbo vir
wisselkoerse
|
|
BAL IS IN WIT MANS
SE HANDE |
Sondag 5 Aug 07 Kleinsake
Rapport (
Artikel deur Helen Ueckermann )
gesêls
met Mnr. Greg fisher, senior lektor aan Universiteit van Pretoria se
Gordon Institute of Business Science ( GIBS)
Die toekoms in entrepreneurskap is in die hande van wit Afrikaanse mans.
Mnr Greg Fischer voorspel: Net soos die Joodse gemeenskap in die verlede
gedwing is om vir homself ‘n toekoms in Suid Afrika te beding
deur die skep van ‘n sakeraamwerk wat die omstandighede gepas het,
so gaan die Afrikaanse gemeenskap en veral Afrikaanse wit mans, as entrepreneurs
vir hulself ‘n plek in die toekoms van die land oopskop.
“Afrikaanses smag daarna om in die land te kan voortbestaan, maar hulle
sal ‘n nuwe manier moet vind om dit suksesvol te kan doen,” meen
Fischer.” Dit is ‘n lewensvatbare idee en ander groepe het dit
voorheen reggekry, maar om die toekoms in jou eie hande te neem en te slaag,
gaan ‘n nuwe manier van denke verg.”
Die onderlinge boodskap is dat Afrikaanse en Suid Afrikaanse entrepreneurs
aan wêreldmarkte moet begin dink en wêreldwyd moet begin
meeding.
Fischer sê Suid – Afrikaanse entrepreneurs is geneig om sake
idees te leen.” Dit kan suksesvol gedoen word, kyk maar na Kulula.com
wat op die idee van die Europese Ryanair geskoei is en die Vida E Cafè wat
die Amerikaanse Star Bucks-konsep geleen en ver-Suid-afrikaans het.” Kalahari.net
is weer die plaaslike weergawe van Amazon.com
“ Daar moet egter wyer gedink word as om net ‘n klein deeltjie
van die Suid-Afrikaanse mark in te palm. Daar moet gesoek word na ‘n
internasionale behoefte en hoe ons vanuit Suid-Afika daarin kan voorsien.”
Fisher sê daar is 40-50 miljoen mense in die Suid-Afrikaanse mark,
waarvan net 8-10 miljoen ekonomies bedrywig is. Die tradisionele manier
van doen was om ‘n onderneming te skep wat daardie mark van 8-10
miljoen mense kan bedien. “ Dit is egter ‘n ou manier van
doen wat stam uit die dae toe Suid-Afrika nie na buite kon sake doen
nie.
“Omstandighede het verander en nou begin ons aandag uit die buitewêreld
trek. Baie produkte word bv. goedkoper en meer doeltreffend in die Ooste
vervaardig en bloot hierheen vervoer.
Die uitdaging is om by die internasionale mark in te skakel en daarin
mee te ding. Vrae wat volgens Fisher gevra moet word, is: Hoe skep ons
produkte en dienste wat wêreldwyd in aanvraag gaan wees ? Wat het
Suid Afrika om die res van die wêreld te bied ?
“ Indië het hom aan die wêreld bemark as ‘n plek waar
produkte goedkoop en vinnig vervaardig kan word. “ Amerika se mededingende
voordeel is dat hy produkte kan skep en ontwerp. “ China is bekend vir
die feit dat hy goedkoop klere kan maak. “ Waar pas Suid-Afrika
in die prentjie in ?
“ Ons beskik nie oor ‘n opgeleide werksmag wat ons in staat stel
om mededingend uit te kontrakteer nie. Ons werksmag is ook nie goedkoop
sodat ons met China kan meeding nie.”
Fisher sê ondernemingsgees en entrepreneurskap moet aan opgeleide
Suid-Afrikaners bemark word as ‘n loopbaanopsie.
“ Daar word op skool reeds meer aandag aan entrepreneurskap gegee, maar
dit fokus op die klein, leefstyl soort onderneming. Kinders word nie
geleer om internasionaal te dink nie.
“ In teenstelling daarmee dink Amerikaners buite die grense van hul land
en wil hulle hul invloed nie net plaaslik nie, maar ook op streekvlak,nasionaal
en internasionaal laat geld.
“ Dit bring ons terug by die Afrikaanse wit man. Daar is
weens regstellende aksie geen plek vir hom in die staatsdiens nie en
slegs beperkte geleenthede in die korporatiewe wêreld.
“ Vir diè wat in die land wil bly en sukses behaal,
is vernuwende entrepreneurskap die toekoms,” sê Fischer.
> Na bo
|
|
LW! "popups" word
gebruik
| |
Slegs Lede
|
Ontoweb Media
|