'n Eenwêreldregering en vrede op aarde, is die oogmerk van verskeie wêreldleiers en die proses is al ver gevorderd. Die beplanning is dat die behaling daarvan binne 30 jaar, vanaf 1993, afgehandel sal wees. Tegnologiese ontwikkeling geskied egter teen so ‘n ongelooflike tempo, dat die proses moontlik minder as 30 jaar kan neem. ‘n Eengeldstelsel en ‘n geforseerde ekonomiese bestel is ‘n realiteit.

Tans is die wêreld reeds ingedeel in unies, waarvan die Europese Unie (1993) die voorloper is. Dat die beoogde getal 10 is, wat die hoeveelheid van die unies uitmaak, nie ‘n toevalligheid is nie, moet ernstig onder die vergrootglas geplaas word. Die mikpunt om tien adjunkte met een president as wêreldleier te vestig, moet nie ligtelik opgeneem word nie.

Tegnologiese vooruitgang bied, op die oog af, soveel uniekheid en gemak, maar vir die ingeligte is dit bevestiging dat moeilike tye onvermydelik is. Neem bv. die mikroskyfie (“chip”). Die werking en aanwending daarvan is so kragtig dat daar sonder veel dwang soveel beheer en kontrole toegepas kan word, dat die hele wêreld gemanipuleer kan word. Vergesog? Nee. Net ter bevestiging: In 1989 het Volkskasbank (Pretoria) vir ‘n kort tydperk depositostrokies met ’n 666-watermerk(die merk van die dier) gebruik. Die vraag moet opkom oor hoekom Volkskas bereid was om tot so ‘n stap oor te gaan. Daar was soveel klagtes dat die strokies onmiddellik onttrek is.

In dieselfde tydperk het Barclaysbank, ook in Pretoria (Pretoriusstraat), skandeerders kophoogte laat installeer om kliënte te identifiseer voordat ’n transaksie kon plaasvind. Dit is egter ook verwyder en die rede was dat dit “voortydig geïnstalleer” was.

Navoring is ver gevorderd om gesondheid en die beheer van siektes te gebruik om die mikroskyfie te vestig as die toekomstige noodsaaklikheid in die lewe van die massas. Sien - http://www.positiveidcorp.com/

Vir die ingeligtes sal dit nie vreemd wees omdat die Europese Unie as Nobel-pryswenner vir vrede met die loure weggestap het nie. Dit is egter net ‘n meesterskuif om vrede te bevorder. Die Europese Unie, is ‘n spiëelbeeld van die ander unies, want almal het dieselfde doelstellings,wat in der waarheid beteken dat al die unies vrede versinnebeeld. Sien -

Die ekonomiese verloop van die afgelope dekades, die huidige omstandighede in ons land, en die gevolge van ‘n eenwêreldregering, noodsaak ons om met versiendheid, na eie belang om te sien. Ons visie is om eenkant te gaan, ‘n bekostigbare ontwikkeling daar te vestig met die eintlike doel om beskerming te bied aan ‘n dienende Christelike gemeenskap. Elkeen wat dieselfde behoefte het en daadwerklik hierby betrokke raak, se hulp sal beteken dat die behaling van die doelwit, vergemaklik word.

Ons glo dat ons as ‘n vry, geseënde en voorspoedige gemeenskap sal ontwikkel wat onafhanklik sal kan oorleef. Ons ontwikkeling behels ook ‘n vrye handels-stelsel wat nie gemanipuleer sal word nie.

Ons nooi almal wat soos ons glo en dink om saam met ons hierdie ontwikkeling aan te pak. Ons het almal se ondersteuning nodig, om in elkeen se belang, hierdie ontwikkeling suksesvol te laat realiseer.

SLUIT ASSEBLIEF AAN !!!