EOFSA (Ekonomiese Ontwikkelingsforum van Suider Afrika) is ‘n lede-organisasie. Die doelwit is om ‘n gebied in ‘n lewensvatbare, onafhanklike ekonomiese eenheid te omskep, waar almal hul Christelike waardes en kultuur kan uitleef. Die Skrif waarsku ons teen die merk van die dier, daarom is dit van kardinale belang om ‘n ekonomiese bestel so te ontwikkel, dat ons nie blootgestel word aan die ekonomiese verdrukking wat in die nabye toekoms gaan plaasvind nie. Sien www.eindtyd.org

EOFSA is in samewerking met die eienaar van ‘n plaas aan die Oranjerivier. Grond kan bekom word en die voorgestelde opsie is verkrygbaar op ‘n aandeelhoudingsbasis. Onderhandelings is aan die gang en lede- insette en voorstelle sal oorweeg word. Samewerking gaan nodig wees aangesien die plaas nog belas is.

Daar is reeds ‘n deelnemende professionele span, bestaande uit ingenieurs, argitekte en munisipale kundiges, besig om intensief navorsing te doen oor self- onderhoudende behuising, alternatiewe energiebronne, gevorderde rioolverwerking en gemeenskapsontwikkeling. Die meeste van die navorsing is reeds in plek.